Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

NOORDWESTER – LICHTENBURG - Personeel- en direksielede van NWK asook van hul familielede en kliënte het die afgelope Sondag aan die Isuzu Ironman 70.3-kompetisie in Mosselbaai deelgeneem om fondse vir Agri Securitas in te samel.
Alf White (groephoof- finansiële beampte van NWK) is die meesterbrein agter dié inisiatief.

Hy het kollegas aangespoor om aan die Ysterman deel te neem as deel van NWK se welstandsinisiatief, terwyl hulle boonop geld vir ‘n nie-winsgewende organisasie ingesamel het.
Daar is op Agri Securitas besluit omdat dié trustfonds hom vir veiligheid op plaaslike en in plattelandse gemeenskappe beywer. 
Sewe solo-deelnemers asook 12 aflosspanne het aangetree vir die drie dissiplines – 1.9 km swem, 90 km fietsry en 21.1 km hardloop. Die dag was nie sonder sy uitdagings nie en twee solodeelnemers en twee aflosspanne van drie elk, kon nie die driekamp voltooi nie.
Tog het diegene wat klaargemaak het, hul uitstekend van hul taak gekwyt en het die span van Hoërskool Lichtenburg selfs ʼn plek op die podium ingepalm – derde in die ope-afdeling.  
* NWK is baie naby aan sy mikpunt om R1 miljoen vir Agri Securitas in te samel. Maak gerus ʼn bydrae by https://www.givengain.com/event/ystersvirlandbou