Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Sekerlik die grootste hoogtepunt tot dusver in the geskiedenis van die NG Kerk Rustenburg Moedergemeente vind aanstaande jaar van 24 tot 26 Januarie plaas wanneer die gemeente se 175ste bestaansjaar gevier word. 
Rustenburgers is reeds vroeër genooi om oor die afgelope en komende klompie weke saam met die gemeente te reis op die pad na dié geskiedkundige gebeurtenis.

Uiteraard word alle Rustenburgers genooi om tydens die fees op 24, 25 en 26 Januarie 2025 deel van die feesvieringe te wees en saam met gemeentelede te help om nog ‘n mylpaal in dié gemeente se geskiedenis in te slaan.
Vandeesweek - ‘n een en ander oor die ewe-geskiedkundige beeld van wyle Paul Kruger - eertydse staatspresident van die Zuid-Afrikaansche Republiek. 
Aan die westekant van NG Kerk Rustenburg Moedergemeente in Fatima Bhayatstraat voor die ou Stadsaal pronk die sittende standbeeld van president Paul Kruger. Die Franse beeldhouer Jean George Achard het dié pragtige beeld in ongeveer 1904 voltooi. Die oprigting van die standbeeld daar, hou ‘n merkwaardige verband met die totstandkoming van die kerk aangesien president Paul Kruger nie minder nie as vier erwe waarop die kerkgebou vandag staan, namens die ZAR aan die gemeente geskenk het. Die heel oorspronklikste vorm van die standbeeld was van die president met ‘n Bybel in sy hande maar dié is ongelukkig met verloop van tyd deur vandale verwyder.