Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSENBURG - Tydens die week van 13 - 15 Aug fokus Agapé Gemeente op verhoudings!! Ons het van ons land se voorste verhoudingsdeskundiges genooi om jou te kom help en toe te rus om beter, gesonder en goeie verhoudings met die mense in jou wêreld te bou!  

Jy kan uitsien na sessies aangebied deur *Dr. Gustav Gous* (RSG: Fiks vir die lewe), *Dr. Elza Meyer* (bekende prediker, spreker en outeur) en *Jannie Putter* (bekende lewensafrigter en sportsielkundige) wat met ons kom gesels oor huwelike, ouerskap, sosiale media en pornografie.

Dis beste van alles, dis GRATIS! 
Daar sal heerlike kos en eetgoed te koop wees, van Prego Rolls tot Mini-Dougnuts. Families kan ook uitsien na vet pret vir die hele gesin in die vorm van Giant Jenga, Bean Bag toss, en die oomblik verewig met ‘n foto by die familie photobooth! 
Daar sal kinder toesig vir alle 3-12 jariges tydens die sessies wees, waartydens hulle deur ons vriendelike span bedien sal word.
John Maxwell het gesê: “People don’t care how much you know, until they know how much you care.” Dit gaan nie oor wat jy van goeie verhoudings WEET nie, maar hoe jy dit in jou verhoudings WYS. 
Verhoudingsfees gaan jou toerus met praktiese gereedskapstukke vir jou verhoudings-gereedskapskis, wat jy kan dadelik kan inspan om beter verhoudings met die belangrikste mense in jou lewe te begin bou!
Dis egter te goed om dit vir jouself te hou, nooi iemand saam en kom ontdek hoe jou verhoudings ook ‘n fees kan wees!

Vir enige navrae, kontak gerus die Agapé Adminkantoor by (014) 537-2337 of per WhatsApp by 072 128 2209.