Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Vir Rustenburgse motoriste wat op daaglikse basis van die Krugerstraat-oorhoofse brug gebruik maak om die bo-dorp van Safarituine en hoër op suidwaarts in Rustenburg te bereik, lê daar ‘n beproewende elf maande voor.
 Die konsessiehouers van die Bakwena N1N4 het in ‘n verklaring aan die plaaslike gemeenskap aangekondig dat dié brug vanaf aanstaande Donderdag, 15 Augustus, tot 30 Julie 2025 vir verkeer gesluit sal wees.

Dié aankondiging wat trouens geruime tyd reeds verwag word, word genoodsaak deur die sogenaamde verdubbeling (“dualling”) van die Krugerstraat oorhoofse brug asook die nabygeleë voetgangeroorgang en sal die Bakwena geleentheid bied om dié langverwagte projek te voltooi. 
Rustenburgers en mense wat gereeld op die N4 in Pretoria se rigting ry sal saamstem dat verkeer op die N4 nou sulke volumes aangeneem het dat die verdubbeling van die hele trajek vanaf Pretoria na Rustenburg en mettertyd ook na die verste uithoeke van die Bakwena N1N4-korridor deur Botswana tot in Namibië nie veel langer uitgestel kan word nie.  Kantoorwerkers en mense met kinders op skool word aangemoedig om betyds alternatiewe roetes te beplan ten einde so pynloos as moontlik tydens die vroegoggend-spitsverkeer by die kinders se skole en die kantoor uit te kom. Hoewel daar sedert Maandagmiddag weersprekende gerugte op sosiale media en diensleweringsgroepies te bespeur was, het Charmaine van Wyk woordvoerder van die Bakwena N1N4 bevestig dat die projek voortgaan soos vroeër aangekondig. ‘n Vergadering tussen die Bakwena en die Rustenburgse Munisipaliteit is egter nietemin vir Woensdag vandeesweek geskeduleer ten einde moontlike struikelblokke en misverstande uit die weg te ruim. Van Wyk het ‘n beroep op Rustenburgers gedoen om op die tande te byt en die uiterste geduld in te span.