Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Gedenkrit vir gestorwe motorfietsryers het op ‘n hartseer noot geëindig toe een van die motorfietsryers wat daaraan deelgeneem het, onderweg huis toe in ‘n ongeluk dood is.
Predators en die Bikerskerk Kosh het die gedenkrit op Sondag 17 November plaasgevind. Jean Vernon van der Merwe (43) van Potchefstroom het die byeenkoms bygewoon en het omstreeks 17:00 gery. Oorkant TY Motors by die vierrigtingstop, h/v Leemhuis- en Wesselsstraat het sy motorfiets teen ‘n bakkie gebots.
Hy is ernstig beseer en is later dieselfde dag in die Life Anncron Hospitaal oorlede. Hy was lid van die Sons of Old School-motorfietsklub.
Sy begrafnisdiens vind op Saterdag 23 November om 10:00 by die Duet-Gemeente, Van der Hoffpark in Potchefstroom plaas.
Die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag.