Nog soveel vrae oor ongeluk
4 Julie 2025 - Deur Salomé Kotzé
Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dit is reeds agt maande na die gru-botsing waarin vier jongmense van die stad dood is, en niemand is nog aangekla nie.
Die prokureur wat die Mercedes Benz bestuur het wat teen die blou Renault Clio gebots het, het nou nog geen verklaring oor wat die aand van 13 Oktober gebeur het, by die polisie afgelê nie. Hy het daardie aand die ongelukstoneel verlaat en twee dae later by die polisiestasie aangemeld waar ‘n waarskuverklaring geneem is wat sy regte aan hom verduidelik het. Hy sou ‘n verklaring oor die gebeure by sy prokureur aflê, wat deel van die polisie-ondersoek is, maar tot vandag toe is dit nie gedoen nie.