Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die Aardklop Kunstefees is in volle gang en lesers kon kaartjies wen na twee produksies waarin Margit Meyer- Rödenbeck van Dowwe Dolla-faam betrokke is.
Vyf dubbelkaartjies vir Liewe Heksie asook vyf dubbelkaartjies was vir Ken jy vir Dewie? op die spel. Annette Rautenbach en Marli Kruger het kaartjies vir Ken jy vir Dewie? gewen en Ina Janse van Rensburg, Deserise Cocklin, Debbie Labuschagne, Daniel Berry en Karen Janse van Vuuren het kaartjies gewen om Liewe Heksie te gaan kyk.
Liewe Heksie is ‘n kindervriendelike komedie met die land se mees bekende heks wat probeer visvang met haar besem. As jy dit nog wil kyk, daar is nog kaartjies beskikbaar vir die vertoning op Saterdag 28 September om 09:30 by Laerskool Mooirivier.
Ken jy vir Dewie? is ‘n drama oor boelie op skool. Ilne Fourie het die teks geskryf, en Margit Meyer-Rödenbeck is die regisseur.
Dit is by Weet en Sweet te sien. Volgende vertonings is op Vrydag 27 September om 9:30 & 12:00 en op 28 September om 12:00 & 17:00.
Die drama is benoem vir vier KKNK Kanna-toekennings.
Die Aardklop Feesterrein is op die oewer van die Mooirvier op die NWU se Fanie du Toit-sportterrein. Daar is dit ‘n miernes van bedrywigheid met meer as 50 kosstalletjies en 300+ snuffelstalletjies. Die feesterrein is van 09:00 tot 21:00 en toegangskaartjies is R70 per persoon. Toegang is gratis vir kinders onder 12.
Besoek www.aardklop.co.za vir meer inligting oor waar om kaartjies te koop, dagprogramme ens.