Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die jong Mignon Appelgryn ballet al bykans haar hele lewe en sy is stadig maar seker besig om die hoogste sport te bereik as ballerina.

Die soepel ballerina is nou 16 en het begin ballet op eenjarige ouderdom. Sy is besig om voor te berei vir haar Advanced 1 eksamen en beplan om dit te voltooi voor sy haar skoolloopbaan voltooi. Sy het onlangs ‘n trofee vir tweede plek in Noordwes gekry by die intermediêre eksamen en spog met ‘n goue toekenning by die Sasol Kunstefees wat sy met haar dans Jaunt behaal het.

Mignon se toewyding, jare se harde werk en passie vir ballet is besig om vrugte af te werp. Volgens haar vorige dansafrigter, Liezel van der Berg van die Pied a Pointe Balletskool, is die prestasie ‘n bewys van haar talent. Sy het Mignon help vorm op die balletverhoog.

Die afgelope jaar het ‘n nuwe onderwyseres, Cara Kapp die balletskool oorgeneem en vars tegnieke en insigte gebring wat Mignon se vaardighede verder verfyn het en haar tot nuwe hoogtes druk. Hou die spasie dop, daar gaan nog meer van die talentvolle balletdanser gehoor word. Mignon moedig seuns en meisies aan wat in die kunsvorm belangstel om hul drome te volg.