Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Tesame met ‘n hittegolf oor die grootste deel van die land wat Suid-Afrikaners laat sweet, is die onvoorspelbaarheid van beurtkrag nog iets wat inwoners warm onder die kraag het.

Toe Fase 6-beurtkrag oor die naweek aangekondig is, was dit kort na eenheid 1 van die Koeberg-kragsentrale met die netwerk gesinchroniseer is. Dit is toe as ʼn deurbraak bestempel.

Oor die naweek het daar egter eenhede by ander kragsentrales buite orde geraak, terwyl dit nodig was om “noodreserwes” aan te vul. “Al wat dit beteken, is dat Eskom se dieselkragsentrales eenvoudig nie genoeg brandstof kon opberg om aan die gang te bly nie. Hierdie oopsiklus gasturbines is veronderstel om net tydens noodgevalle aangeskakel te word. Nou is dit ʼn noodgeval as dit nie aangeskakel kan word nie,’’ sê dr Wynand Boshoff, VF Plus LP en hoofwoordvoerder van minerale hulpbronne en energie in die party.

 

 

Maandag 27 November het Eskom die “goeie nuus” bekend gemaak dat beurtkrag tot fase 4 verlaag kan word, net om Dinsdagmiddag 28 November weer fase 6 vir die res van die week gedurende die nag in werking te stel. Die rede wat Eskom aanvoer, is onvoorsiene breekasies.

Boshoff sê hierdie onderbrekings saai vernietiging in die land se ekonomie en ook in mense se lewe. “Terwyl die meeste huishoudings en ondernemings hulself al by twee ure op ʼn slag se kragonderbrekings aangepas het, is vier ure eenvoudig te lank. Batterye en ander vorms van kragopberging hou eenvoudig nie so lank nie.’’

Die hittegolf wat Suider Afrika tans teister, dra waarskynlik tot die onvoorspelbaarheid van kragvoorsiening by. Dit is nie net opwekkings-eenhede wat minder doeltreffend is onder hoë temperature nie, dit is ook die verbruik van koelkamers, yskaste en wateraanlegte wat die hoogte inskiet.

Al hoe meer munisipaliteite vind dit moeilik om onder die omstandighede opgaardamme vol te hou. In Klerksdorp is woonbuurte soos Roosheuwel en Elandia nou weer meer gereeld sonder water oor die pompstelsel wat nie outomaties inskop as die krag weer aangaan nie. Hartbeesfontein sukkel ook al weke sonder water weens vandalisme by pompstasies.

Die Vryheidsfront Plus twyfel of Eskom elke keer werklik so verbaas kan wees as hy beurtkrag moet uitbrei. “Dieselreserwes, verhoogde aanvraag en die toestand van oorwerkte opwekkingseenhede is immers nie ʼn geheim nie. “Of Eskom leuens vertel of regtig nie weet nie, die gevolge bly dieselfde. Daarom is die langtermynoplossing om Eskom as bystand te beskou; elkeen wat dit kan bekostig, moet onafhanklik van Eskom raak en bly wees as daar krag in die netwerk is. Waar sal Suid-Afrika se hulp vandaan kom? Nie van Eskom of die minister in die presidensie van elektrisiteit nie,’’ sê Boshoff.

Tans geld Beurtkrag fase 5 tot 20:00 en dan fase 6 tot 05:00 elke dag.