Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Die inwoners van Hartbeesfontein en Tigane se krane is droog.

Hulle kan nie wasgoed was nie, bad nie en het nie drinkwater nie. Dié probleem het sowat twee maande gelede ontstaan en die inwoners is nou al woedend en vra dringende ingryping.

Die dorp het glo water gehad toe Klerksdorp Rekord op Woensdag 29 November met sakelui gepraat het, maar dit is buitengewoon. 

Die inwoners is radeloos. Hulle wil weet waarom die sowat 75 000 inwoners so moet sukkel, want daar was dan altyd water. Wat het dan skeefgeloop? 
Volgens DA-raadslid Maritha Coetzee moet die reservoir op Hartbeesfontein ten minste 50% vol wees om genoeg druk op te bou om water aan al die inwoners te verskaf, en “het dit die afgelope twee maande nooit 50% behaal nie”.

Die uitwerking op inwoners is so groot dat die Laerskool op ‘n stadium leerlinge huis toe gestuur het en die lisensiekantoor op die dorp vroeg toemaak, want hulle het nie water nie. 

Die ekonomie ly daaronder en die dorp se grootste werkgewer, Supreme Poultry, het glo al duisende spandeer om watertenkers te huur en water by ‘n boer gekoop om steeds te produseer.  

Die probleem is baie kompleks en beurtkrag in Klerksdorp speel ‘n groot rol. Volgens Coetzee is die stadsraad en Midvaal besig om die probleem aan te spreek, en behoort dit binnekort beter te gaan. “Die water word voorsien deur verskeie reservoirs en pompstasies en dit begin by die Ellaton-pompstasie waar beurtkrag verhoed dat genoeg water gepomp word en onderhoud ook dringend nodig is. 

“Dié pompe is nie op standaard nie. Midvaal is besig om kleppe by die Alabama pompstasie te vervang en dan sal dit beslis beter gaan,” sê sy. 
“Daar is glo sabotasie wat ‘n rol speel, maar dit kan nie bevestig word nie.”

* Die munisipaliteit het nie op Klerksdorp Rekord se navrae gereageer nie.