Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Moenie toelaat dat maagkrampe of ‘n omgekrapte maag jou feesvieringe kortknip nie.

Ryk kosse en verversings vol suiker word dikwels tydens die feestyd geniet.  Hierdie kosse is sowaar smullekker en jy kom dalk nie eers agter hoeveel jy eet nie maar kort voor lank sit jy met gebakte pere. Ongemak en pyn weens spysverteringprobleme kan ‘n demper op jou tyd saam met geliefdes sit. 

Die beste manier om buikprobleme gedurende die feesseisoen te ontduik, is om op die verdediging te wees. “Hoe doen ek dit?” wonder jy dalk. Die antwoord: Deur goed na jou dermflora om te sien. 

Sewe maniere om vir jou ingewande te sorg gedurende die feesseisoen
* Begin jou feesdae met ‘n hupstoot - eet kosse met probiotika. Begin jou dag deur kos met probiotika te eet. Goeie keuses sluit kefir of Griekse jogurt in, aangesien hierdie suiwelprodukte vol noodsaaklike voedingstowwe en gesonde bakterieë is wat help om jou dermflora te balanseer. Deur jou dag met probiotika te begin, voorsien jy jou ingewande van voordelige bakterieë wat kan help met vertering. Dit is veral voordelig op ‘n dag vol feesmaaltye.
* Weet watter kosse is sondebokke. Baie van die gewildste vakansiekos (en drankies) is propvol vet en suiker en kan dermprobleme veroorsaak. Dink aan watter kosse jou dermgesondheid in die verlede negatief beïnvloed het. Maak ‘n lys van hierdie items en probeer om hierdie kosse tydens die feesseisoen te vermy. Kies kosse wat jou laat goed voel en vertering vergemaklik om dermskade te vermy.
* Moenie te veel eet nie. Eerder as om enorme hoeveelhede voedsel op jou bord te stapel, volg die bordmetode. Hierdie metode help om jou porsies te beheer en kan ook help om minder van daardie sondebokke te eet wat jou maag laat krap en pyn.  

Hoe om die bordmetode te volg: Vul die helfte van jou bord met vrugte en groente, vul een kwart met proteïene, vul ‘n kwart met koolhidrate. Die beste manier om gedurende die vakansie gesond te eet, is om selfbeheersing te toe te pas. 

Natuurlik moet jy die feestelikhede ter harte geniet, maar doen dit met matigheid voor oë. As jy ooreet kan jy opgesaal sit met spysverteringsprobleme soos gas, opgeblasenheid en sooibrand. Die eet van te veel snellervoedsel, soos versadigde vette en suiker, kan ook hierdie probleme vererger. Dit neem ongeveer 20 minute vir jou brein om te registreer dat jy versadig is. Om bewustheid te beoefen terwyl jy eet, kan jou help om nie te veel te eet nie.

Hoe raak ek meer bewus van wat ek eet? Sit jou vurk tussen happies neer. Drink water tussen happies en kou jou kos deeglik voor jy sluk. 

Beweeg jou liggaam
* Gereelde oefening kan help met jou spysvertering.
* Deur bloot te loop, sal help dat voedingstowwe vinniger deur jou ingewande beweeg . Beweging verminder die waarskynlikheid van sooibrand en opgeblasenheid.
* As jy nie tyd het vir jou gewone oefenroetine nie, probeer om bietjie beweging in jou feesdag saam met geliefdes in te sluit.
* Jy kan na ete gaan stap, dans, swem of tuinwerk doen.
 
Drink water
* Deur water te drink help jy jou liggaam om afval uit te spoel en bloeddruk te reguleer.
* Water is ook noodsaaklik vir ‘n gesonde derm en goeie spysvertering.
* Drink ’n glas water voor jou groot feesmaal en neem slukkies water tydens die ete.  Dit sal help om jou gehidreer te hou en kan ook help dat jy nie te veel eet nie.
* As jy nie daarvan hou om water te drink nie, geur jou water op natuurlike maniere, soos kruisement of skywe suurlemoen, by jou water te voeg.
* Jy kan ook warm water drink na jou ete.
* Sommige mense glo dat die drink van warm water met vertering kan help. Dit is omdat warm water die vermoë het om voedsel af te breek wat die liggaam sukkel om te verteer.
 
Beperk alkohol
* Gedurende die vakansieseisoen, geniet baie van ons wyn of skemerkelkies tydens sosiale geleenthede en saam met familie.
* Oormatige alkoholverbruik kan egter jou spysverteringstelsel negatief beïnvloed. Dit kan lei tot probleme soos diarree, gas en opgeblasenheid.
* Studies het ook gevind dat alkoholmisbruik die balans van voordelige en skadelike bakterieë in die ingewande kan versteur.
* Let veral op die volgende wenke wanneer jy alkohol drink:
* Moet nooit alkohol op ‘n leë maag drink nie
* Deur alkohol te drink sonder om kos te eet, kan dit die impak op die liggaam versterk. Waarvan jy dalk onbewus is, is dat dit ook jou dermvoering verswak, wat dit meer vatbaar maak vir skade. Om beide jou dermvoering en dermflora te beskerm, maak seker dat jy eet voordat jy ‘n alkoholiese drankie geniet.
* Kies vir gesonder alkoholiese drankies
* Hoë-gehalte tequila is eintlik ‘n prebiotiese drankie, gemaak van gefermenteerde agave. Dit het ook ‘n paar ander gesondheidsvoordele, insluitend die vermoë om te help om jou bloedsuiker te stabiliseer. 
* Rooiwyn is ook ‘n gesonder opsie. Dit bevat antioksidante en polifenole (wat help om jou dermflora te diversifiseer). Alhoewel rooiwyn soet is, is die suiker natuurlik. 
 
Samevatting
Suikerige en ryk feeskos kan jou spysvertering belemmer. Sorg goed vir jou ingewande gedurende die vakansie sodat jy nie pyn en ongemak hoef te ervaar weens probleme met jou spysvertering nie.