Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die herrie is los oor ‘n gedenksteen wat die Matlosana Munisipaliteit opgerig het ter herinnering aan werknemers wat aan Covid-19 omgekom het.
Dit gaan nie oor die gedenksteen nie, maar oor waar die uitvoerende burgemeester op 25 September die steen onthul het. Reg in die plek van die Groot Trek 1938 Eeufees-gedenksteen wat al ‘n geruime tyd gelede deur vandale middeldeur gebreek is.

Historici in die stad beskryf die plasing van die gedenksteen as ondeurdag en gevoelloos en kla geen navorsing is gedoen oor die plek waar die gedenksteen opgerig sou word en boonop is inwoners ook nie om hul mening genader nie. Die FAK het die afgelope naweek gedreig met regstappe en die VF Plus is ook nie gelukkig met waar die gedenksteen opgesit is nie. Volgens die FAK is dit “onwettig, onregmatig en teenstrydig met erfenismaatreëls”. Hulle het ‘n petisie van stapel gestuur om die munisipaliteit tot aksie te dwing om die gedenksteen te verwyder en die oorspronklike Groot Trek-gedenkplaat weer te herstel.Die FAK het gesê daar is geen probleem met die oprig van só ’n gedenksteen nie, maar “dit is nie die regte plek of monument om dit te doen nie, want dit strook nie met die regte konteks nie”.
Na navrae deur Klerksdorp Rekord hieroor het die munisipaliteit ‘n u-draai gemaak oor die besluit. Rdl James Tsolela het op Dinsdag 3 Oktober om verskoning gevra en gesê dat ‘n “fout begaan is wat reggestel sal word”. Teen druktyd was dit nog nie duidelik hoe dit reggestel sou word nie. Dié gedenkmonument is met die Voortrekkereeufees in November 1938 ingehuldig. Die Johanna van der Merwe-wa en die Margaretha Prinsloo-wa se spore kan vandag nog by die monument gesien word. Op die monument was ’n ossewa wiel, wat ook al ’n geruime tyd verwyder is vermoedelik ook weens vandalisme.