Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

lerksdorp Rekord, Klerksdorp - Ons het al gehoor van rooitapyt-rooi, maar Simoné Louwrens wou haar matriekafskeidrok nog altyd Coke-rooi hê.

Want sien, sy het ‘n spesiale verbintenis met die bruisdrankie vandat sy baie klein was. Haar oupa is mos Willie Coke Louwrens, afgetrede bemarkingshoof van Coca-Cola SA. En haar pa, wyle Riaan, het die bynaam klein Coke gehad. “Van kleins af was Coca-Cola nog altyd in my lewe. Ons het my Oupa altyd “Oupa Coke” genoem omdat daar altyd Coke in die huis was en al die rooi Coke promosiemateriaal in en om sy huis. Tot sy posbus was ‘n rooi Coke blikkie,’’ vertel sy.

Toe dit vir die Hoërskool Wesvalia matrikulant tyd word om haar matriekafskeidrok te beplan, het dit dus nie lank geneem om die kleur te bepaal nie. “Op ‘n manier wou ek ook hulde bring aan my pa, wat in ‘n motorongeluk oorlede is toe ek vyf was. Ek wou hom graag deel maak van my groot dag. Dit was vir my belangrik.’’

Ontwerper Kobus Rautenbach beskryf dit as ‘n eer om vir haar die rok van haar drome te kon maak. “Sy het so ‘n lieflike energie en die rok het dit net aangevuur. Ek is net bly ek kon die visie wat sy gehad het, vir haar in ‘n rok omskep. Ek het geweet dit is ‘n rok wat mense sou laat praat en is dankbaar dat ek deel daarvan kon wees.’’

Simoné is mal oor elke detail in haar rok en dat dit ‘n storie vertel. “Die vlinders simboliseer iets wat mooi is, verandering en grootword. My vlinder oorbel het my ouma wat in Stilbaai bly vir my gekoop sodat sy ook daar kon wees van daar ver af. 

“Die Coca-Cola simboliseer die manne in my lewe, waarsonder ek nie sou wees wie ek is vandag nie, my pa en my oupa.’’