Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Record, Stilfontein - Stilfontein diereskuiling is in ‘n finansiële krisis en sukkel om sy deure oop te hou na bewerings van wanbestuur op sosiale media veroorsaak het dat skenkings opdroog. 

Volgens Suzette Kotze is sy geteister deur groepe op Facebook wat heelwat negatiewe publisiteit oor die skuiling tot gevolg gehad het. Sy het bevestig dat ‘n regsgeding tussen die skuiling en die sogenaamde teisteraars eersdaags in die hof sal afspeel. “Ons kry nie skenkings nie. Dit het opgedroog. Ek het nie meer geweet wat om te doen nie en toe kontak die engel uit Engeland my,”vertel sy vandeesweek aan Klerksdorp Rekord.

 

 

 

‘n Valskermspringer van Engeland, Lil Hobo, het Suzette se smekings vir skenkings op Facebook gevolg en as ‘n diereliefhebber het sy besluit om te help. Sy het na SA gereis en het op Dinsdag 12 November in die Kaap uit ‘n vliegtuig gespring in ‘n poging om fondse in te samel vir die diereskuiling. 

Lil Hobo het ‘n insamelingsveldtog op gofundme.com geloods onder die titel “little shelter needs help” en haar teiken is om 200 Britse Pond oftewel R4400 in te samel. 

Teen druktyd is 70 Pond (R1540) ingesamel. Gaan na www.gofundme.com indien jy wil help.