Nic en Marie Pollard het die week hul 58ste huweliksherdenking gevier. Die egpaar is op 12 November 1966 in die huwelik bevestig. Uit die huwelik is twee kinders gebore, drie kleinkinders en vyf agterkleinkinders. Die Pollards woon op die plaas Palmietfontein in die Klerksdorpdistrik. Marie het op 11 Mei haar 78ste verjaardag gevier en Nic het op Dinsdag 11 November sy 79ste verjaardag gevier. Hul kinders en kleinkinders wens hulle net die beste toe vir die toekoms.
Getroudes vier 58 jaar
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode