Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Kleksdorp - ‘n Plaaslike ginekoloog wat al vir langer as drie dekades in Klerksdorp praktiseer het meer as 15 000 babas in die tyd in die lewe help bring. 

Dr Charles Nienaber het vandeesweek saam met Klerksdorp Rekord teruggekyk op sy loopbaan van 34 jaar en sê daar is nog nie sprake van aftree nie. Hy het vir 32 jaar saam met dr Clifton Piek gepraktiseer en werk nou op sy eie nadat sy kollega afgetree het.

Dr Nienaber wat binnekort sy 66ste verjaardag vier sê hy het nog baie om aan die plaaslike gemeenskap te bied. Hy is langer as 41 jaar werksaam as ‘n dokter, nadat hy in 1983 met die edelberoep begin het.

 

 

 

 

Volgens hom is ‘n hoogtepunt die afgelope 34 jaar ‘n vierling wat drie jaar gelede gebore is. “Die ouers bring nog gereeld die babas vir my en hulle is blakend gesond,” sê hy. 

Hy vertel hy geniet nog sy werk en sy gesondheid laat toe dat hy dit nog doen.

Sport is ook ‘n passie en hy was al drie keer die Klerksdorp sportman van die jaar. “Ek is nie meer so kompeterend soos voorheen nie, maar het al ‘n paar keer aan die Comrades deelgeneem. Ek het ook al ‘n paar epics met my fiets gewen. Deesdae ry ek net fiets,” sê hy.

Hy vertel dat oumas in die kraamsaal gewoonlik die moeilike “pasiënte” is, want hulle is bekommerd oor hul dogters en kleinkinders en dat pa’s heeltemal te gestres is om moeilik te wees.

Wat is die geheim om nog op 66 jaar so besig te wees? “Pas net jouself op en wees verantwoordelik vir wat jy eet.”

Hy is getroud met drie kinders en vyf kleinkinders, wat al vyf op Hermanus bly.

“Niemand het nog hul baba na my vernoem nie. Of nie waarvan ek weet nie. Dalk is my naam net te vervelig,” lag hy.