Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - As jy nog altyd inspirasie gesoek het om Saterdagoggende die parkrun aan te pak, moet jy met Hilda Louw gesels.

Dié 80-jarige ouma stap eerskomende Saterdag 21 Junie haar 300ste parkrun “as alles goed gaan’’. Volgens haar is parkrun op Saterdae die ideale geleentheid om oefening te kry en om vriende te ontmoet om die 5 km saam met jou te stap. Daarom het sy ‘n koek bestel wat sy na die tyd saam met haar stapvriende gaan geniet.

 

 

 

 

 

Sy kan nie onthou wanneer of waar sy haar eerste parkrun gedoen het nie - dit is darem bykans 1 500 km gelede! Sy het ook nie elke Saterdag gestap nie. “Ek het ‘n beenoperasie gehad wat my bykans agt weke uit die parkrun gehou het. Ek stap vir my gesondheid, want anders verswak ek. Ek het dit gevoel toe ek in die hospitaal was met my been,” vertel sy.

Sy woon nou in die Panoramapark aftreeoord en moet vroeër op ‘n Saterdag reg wees vir die stappie. 

Sy het al so vroeg by die Matlosana Bird Parkrun opgedaag toe dit nog donker was. In die winter word sy geken aan die lang groen jas wat meer lyk of sy na ‘n deftige dinee op pad is. 

“Die winter is baie moeilik en ek dra my jas teen die koue. Ek en ‘n vriendin, Nenna Barnard, stap saam en ons het verlede naweek deur die ys geloop. My vriendin is my motiveerder,” vertel sy.