Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dowwe Dolla se ouma het verlede week ‘n Kaapse draai in die stad gemaak en dié tante se sêgoed het die vol saal laat skater.

Dié optrede op Donderdag 19 Junie in die Portugese Saal was ten bate van Hoërskool Wesvalia se netbal. Volgens die organiseerder, Lina van der Merwe, was dit ‘n groot sukses. Die vertoning is deur sowat 200 mense bygewoon. “Margit is net in ‘n ander klas. Sy het die mense uit haar hand laat eet,” sê Lina. 

 

Margit Meyer Rodenbeck oftewel Ouma het eintlik afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het nóg ’n paar dinge om kwyt te raak. Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld, is sy ’n formidabele vrou. 

In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. 

Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier, kom Ouma agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, en “takt” is een van hulle.

Haar volgende besoek in die geweste is by Aardklop in Oktober.