Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Markte en Pretlope bied eerskomende naweek een van die grootste markte van die jaar by Pick n Pay Hyper Wilkoppies aan. Die jaarlikse veteraanmotorskou vind op Saterdag 29 Maart plaas.
Volgens die organiseerder, Tinus van Staden, sal daar ‘n groot aantal pragmotors wees wat die ouer garde beslis aan hul jongdae sal herinner.
Mense sal kan koop en snuffel by 65 uitstallers. Lekker pannekoek, jaffels, sosaties, worsbroodjies, potjiekos, hamburgers, kerrie en rys en nog vele meer sal ook te koop wees.
DJ Nico sal op-en-wakker musiek maak. Skakel Tinus by 083 294 8077 vir inligting.