Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Helena Hettema, een van die land se mees geliefde kunstenaars, is eerskomende naweek by die Rooy’s Food Market te sien. Die mark sal op Sondag 30 Maart plaasvind en toegang is gratis.

Die gewilde mark in die Van Rooyensaal, Piet Bosmanstraat spog met heerlike kosstalletjies vir die fynproewer. En dan kry besoekers ook ‘n gratis vertoning van Helena wat ‘n repertoire het van liedjies in Frans, Vlaams, Italiaans en Nederlands asook kabaret.

 

Sy is bekend vir die temalied van die TV-reeks, Sonkring, wat sy self geskryf en gesing het.

Die mark vind tussen 10:00 en 15;00 plaas en ‘n kattebakverkoping sal ook plaasvind. Dié verkoping is veral gewild onder winskopiejagters. Tuisgemaakte produkte, selfgemaakte kaas, en tuisgebak word verkoop. Daar is gewoonlik ook snuffelstalletjies met tweedehandse produkte.

Tye van Helena se optrede:
* 10:45 - 11:25
* 12:20 - 13:00
* 13:40 - 14:00

Toegang is gratis en daar sal grenadella gin ‘on-tap’ te koop wees. Troeteldiere is ook welkom. Skakel Tania by 079 9182092 vir enige navrae oor stalletjies of per epos: This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it..