Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Alhoewel Hinterland hoofsaaklik met ʼn wye reeks landbouprodukte in boere se behoeftes voorsien, kan Klerksdorpers en diegene wat die N12 gebruik ook voortaan net so lekker inkopies hier kom doen. 

Hinterland het op Saterdag 24 Augustus amptelik sy deure by ʼn nuwe perseel met ʼn beter ligging oopgemaak. Tydens dié geleentheid het Francois Strydom, hoof-uitvoerende beampte van die Senwes Groep, die lint by die nuwe adres op die N12, langs Senwes se hoofkantoor, geknip.

 

 


“Hierdie vars, nuwe begin net voor die lente amptelik begin, kon nie op ʼn beter tyd gebeur het nie. Om ʼn splinternuwe baadjie aan te trek, is vir ons kliënte én personeel ʼn lekker bederf. Hier wíl ʼn mens sommer jou inkopies kom doen,” het Wayne Edwards, besturende direkteur van Hinterland, tydens die opening gesê. “Boonop skop ons lentepromosie by alle Hinterland-takke op Vrydag 30 Augustus af en kan kliënte nie net na afslag uitsien nie, maar na ʼn paar lekker kompetisies ook.”

Daar is verskeie tuinwinskopies, insluitende besparings op kunsmis en besproeiing, afslag op diere-, gesondheids- en troeteldierprodukte, klere en skoonmaakmiddels. Vier gelukkige kliënte kan elk met ʼn Weber-braaier wegstap en daar is selfs ʼn bromponie op die spel! Maak ʼn draai by enige Hinterland-tak voor 21 September om hiervoor in aanmerking te kom.

Johan Cromhout, hoof van aankope by Hinterland, het uitgewys dat hul produsente kan help om hul vee lekker vet te voer vir Kerstyd. “Daar is ook ʼn moontlikheid om vir uitstelbetaling op veevoeraankope van tot en met 120 dae te kwalifiseer. Kontak jou naaste insetbemarker of takbestuurder hieroor,” het hy gesê.

Besoek Hinterland vir verskeie benodigdhede: Doen-dit-self, staal, besproeiing, huishoudelike items, troeteldiersorg, sement, tuinprodukte en veevoere. Die aanlynwinkel (hinterland.co.za) kan ook jou lewe makliker maak.