Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Sowat 520 leerlinge van Laerskool Stilfontein het vandeesweek oogtoetse gekry wat deur die Lions bewerkstellig het.

Die drie plaaslike Lions klubs neem hande om hul projek genaamd Operation Bright Sight seep glad te laat verloop.

Die laerskool was die eerste skool in die omgewing waar hulle die tegnologie gebruik het. Dit het op Maandag 3 Maart plaasgevind.

Volgens Pieter du Preez, voorsitter van die Stilfontein Lions, toets die masjien vir onder meer bysiendheid, versiendheid, astigmatisme en skeelheid. “Dit is ‘n basiese toets, maar ons kan probleme uitwys en kinders help wat sukkel in die klas. As ernstige probleme gevind word, word die kinders verwys na oogkundiges,” het hy gesê.

Sandy King van die Alberton Lions het die toetse waargeneem.

Hy het bygevoeg dat sommige kinders glad nie bewus was van sigprobleme nie en kon dit nou uitgewys word.

Die Lions beoog om soortgelyke projekte by ander skole in die omgewing te doen.