Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Marina de Lange was die vriendelike persoon wat familielede ontmoet het wanneer hulle die groot stap geneem het om hul geliefde te laat opneem by die Sanpark rehabilitasiesentrum.

Sy het verlede week afgetree en vertel 36 jaar is in ‘n oogwink verby. Sy was dertig jaar oud toe sy daar begin werk het. “Dit was net die wil van die Here wat my na Sanpark geneem het.’’


As student wou Marina met kinders werk en het plekke vir haar praktiese werk as student altyd so gekies. Sy het na haar studies by die kinderhuis begin werk en moederskap en verdere studies het haar besig gehou. “Ek moes toe ook ‘n module doen oor verslawing en prakties doen. So land ek toe by Sanpark as nagraadse student en het nooit weer weggegaan nie. ‘n Nuwe lewe vir mense wat so verstrik raak in verslawing het baie gou my passie geword,” vertel sy.

 

Die laagtepunt was die laaste twintig jaar. Sy beskryf dit as moeilike jare by Sanpark, want politiek, finansies en meer dodelike verslawingsmiddels het groot uitdagings gebring.  

Volgens haar was elke mislukte behandeling soos ‘n persoonlike terugslag vir haar, maar die adrenalien “skop” elke Vrydag as mense huis toe gaan na weke van behandeling en hulle so goed lyk, het dit vir haar die moeite werd gemaak.

Marina is getroud met drie kinders (almal vandag volwasse en met eie gesinne) wat deur die jare so saam met haar en Sanpark gegroei het. Toe sy hulle vertel sy gaan aftree, was hul antwoorde deur die bank: “Ons kan ons mamma sonder Sanpark nie voorstel nie.”

Sanpark was haar lewe, en daar was baie min tyd vir ander dinge. Sy doen egter naaldwerk, maak haar eie klere. 

Haar grootste stokperdjie is haar kleinkinders. “Ek gaan vir die eerste ses maande van my aftrede net my huis versorg. Ek het so baie planne soos ‘n  koffiehoekie vir lang kuiers saam met vriendinne. Dan wil ek ‘n boek skryf met die titel: “God told me to...” Ek weet nie of ek dit gaan publiseer nie, God sal my die pad ys.” 
En dan? “Dan weer liefdadigheid of gemeenskapswerk.”