Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Inwoners het Chanelle Greenan al by van die stad se verkeersligte naby die landdroshof in die middestad gesien waar sy in haar rystoel sit en vra vir donasies.

Dié 23-jarige is so swak dat haar man haar moet ronddra, optel en versorg.

Sy en Johan het Klerksdorp Rekord besoek in die hoop dat iemand haar kan help om ‘n elektroniese rystoel te kry. Hy doen al die praatwerk en sy het in die motor gesit en net gegroet. “Die staat gee nie sulke duur toerusting nie. Ek weet van ‘n gebruikte een wat by ‘n pandjieswinkel staan, maar hy kos R12 000. Ek het die eienaar gevra of hy hom sal skenk, maar hy wil nie. Ek weet nie hoeveel kos ‘n nuwe een nie,” het Johan gesê.

 

 

Chanelle is in 2016 met drie siektes gediagnoseer - Frederich ataxia, scoliosis en Marfan sindroom.

Sy probeer positief bly, maar vertel moeilik dat sy net “een oggend nie sal kan asemhaal nie, want haar spiere sal te swak wees om dit te kan doen. 

Die dokters gee my net tot volgende jaar om nog te lewe. Volgens hulle was hier nog ‘n geval in Klerksdorp met dieselfde siektes en die persoon is op 24-jarige ouderdom oorlede. “Die elektroniese rystoel sal my baie help, want my gewrig is besig om in te gee,” het sy vertel. Johan is ‘n motorwag en dit gaan maar broekskeur met hul finansies. Die egpaar het nie kinders nie. 

Indien enigiemand haar kan help met die skenking van so ‘n rystoel, kan hulle haar by 074 685 8050 skakel.