Klerksdorp Rekord, Klerksdorp – Kersfees is om die draai en mense is lus vir Kersinkopies. Die Wyn Tyn Kersmark vind op Saterdag 14 Desember plaas en dit is ‘n dag uit die gewoel en gewerskaf van besige winkelsentrums na die buitelug.
Volgens die organiseerders kan mense vars vleis, leerprodukte, pragtige plante en verskeie handgemaakte produkte en Kersdekor verwag. Hondjies aan halsbande kan kom saamkuier en Meraldi sal optree.
Kinders kan op die knortjorre ry en die klientjies sal die springkasteel geniet.Toegang is gratis en die mark sal van 09:00 tot 15:00 oop wees. Volg die aanwysings na Wyn Tyn op die Wesselsstraatpad, Meiringspark.