Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

lerksdorp Rekord, Klerksdorp – Verskeie Geloftefeeste vind op Maandag 16 Desember in die omgewing plaas. Die slag van Bloedrivier en die geskiedenis van die Groot Trek word gedenk.
Daar is feeste in die stad, asook op plase in die omgewing en die meeste gaan gepaard met koeksisters en melktert.

Die Verkenners se plaaslike tak hou jaarliks ‘n Geloftefees by Morester Hervormde Kerk langs die N12. Daar is nie net om 09:00 ‘n erediens nie, maar ook ‘n geskiedkundige vertelling en feesrede deur dr Gideon Grobler. Ds Etienne Duvenhage sal preek.

Daar sal ook koeksisters en melktert met gemmerbier wees na die erediens in die Kerksaal.

Op Orkney het die gemeenskap by die Hervormde Kerk op die hoek van Milton- en Kiplinglaan om 08:00 ‘n tradisioenele Geloftefees wat die APK, Hervormers en NG Kerk almal ondersteun.

Die diens op Orkney sal begin met ‘n historiese vertelling deur ds Andre de Jager. Daarna sal ds Aucamp die Geloftediens lei. Na die bevestiging van die Gelofte word daar koeksisters en melktert geëet in die saal. 

Oudorp se Hervormde Kerk het om 9:00 ‘n Geloftediens wat deur ds Piet Botha gelei sal word. Dit is net ‘n erediens en almal is welkom.

Vir diegene wat ‘n plaas Geloftefees wil beleef, hoef niemand verder te ry as Sendelingsfontein Geloftefees uit op die N12 Wolmaransstadpad nie. 

Daar word saamgesing, Geloftediens gehou om 10:00 en daarna is daar ook ‘n lekker ete te koop sodat almal kan saam eet en -kuier. Bring eie eetgerei en ‘n paar stoele om ‘n heerlike ouwêreldse Geloftefees te beleef, nooi di Andrea en Michael Muller wat die preek en feesrede behartig.

Daar is ook Geloftefees op Renosterspruit waar Chris Grobbelaar die feesrede hou. Verrigtinge begin om 10:00. Daar word ‘n skaap gespit en ete is gratis, bring net jou eie stoel, eetgerei en bykos. As julle wil uitkamp, is daar plek beskikbaar. Meer inligting van Manie van Staden by 062 421 9587.

In die boeregemeenskap van Opraap word Geloftedag reeds vir 100 jaar agtereenvolgens gehou. Die eerste viering is gehou op Rietfontein, Opraap op die grens tussen Ventersdorp en Klerksdorp. Hierdie vieringe is later jare oorgeskuif na die gemeenskapsaal op Opraap waar dit tot vandag nog gehou word. 

Die diens sal om 09:00 begin. Die organiseerders sal aanwysings op die Klerksdorp/Ventersdorppad aanbring. Vanjaar is dr Johan Taute van die NG Ventersdorp die predikant en die gasspreker is ds Carel Schoeman.