Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Ottosdal - Reach For A Dream is die afgelope 36 jaar daartoe verbind om drome waar te maak. 

Die organisasie vervul elke dag meer as 6 drome, wat hoop bring aan kinders wat lewensgevaarlike siektes in die gesig staar. 

Onlangs is die vierjarige William Daniel Jacobs van Ottosdal se droom verwesenlik. ’n Vrolike en nuuskierige kleuter, is Liam soos sy geliefdes hom noem, passievol oor trekkers, boerdery en alles wat groen is. Sy gunsteling kleur, sy gunsteling superheld, Hulk en natuurlik sy gunsteling trekkervervaardiger, John Deere.

 

Liam leef met ‘n breingewas, maar hy laat nie toe dat dit sy opgewondenheid oor die wêreld van trekkers demp nie. Hy is die trotse eienaar van ‘n oulike trekker-tema kombersie en pajamas.

Om sy droom te bewaarheid, het Reach for a Dream met Senwes saamgewerk om John Deere-trekkers bymekaar te kry om die kleuter se drome te bewaarheid. 

Dié bekkige boerseun het die geleentheid aangegryp en al die vrae gevra waarmee hy vorendag kon kom en die grootste vraag van almal? Hy het gevra of hy op een van die trekkers kan ry. Dit was natuurlik deel van die plan. Hy het geen tyd gemors om sy nuwe rit uit te probeer nie, en eers na ‘n paar draaie het hy gevra of hy die trekker kon hou, tot groot vermaak van sy toeskouers.

“Vir Liam was dit meer as net om sy droom te verwesenlik, dit was om hom te herinner dat hy nie alleen is nie. Om te sien hoe die Senwes-gesin aan boord gekom het en nie gehuiwer het om sy droomdag werklikheid te maak nie, wys hoe belangrik dit is om ’n gemeenskap in jou hoek te hê en wat bereik kan word wanneer mense van regoor die land en alle instansies bymekaarkom om mekaar te ondersteun,” sê Natasha Mohlachala van Reach for a Dream.

Sy ouers is huis toe met ‘n gelukkige kind én trekkereienaar wat so bly was dat sy droom vervul is, hy het gevra wanneer Reach For A Dream weer sou kom.