Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die nuwe Harmony Hill ontwikkeling is in werklikheid ‘n aftree-oord binne ‘n aftree-oord.

Belangstellendes het op Saterdag 31 Januarie na dié blinknuwe ontwikkeling by Anistemi kom kyk. Die Kasselman-familie het die pragoord ontwikkel as deel van hul maatskappy, Jura Ontwikkelaars.

Harmony Hill is soveel meer as ‘n aftree-oord en Ulrich Kasselman het dit so verduidelik. “’n Aftree-oord bied in die meeste gevalle net ‘n eenheid - sonder enige kos en ondersteuning. Harmony Hill bied ‘assisted living’,’’ het hy verduidelik. 

 

 

 

 

 

Diegene wat by Harmony Hill intrek, kry ‘n ten volle gemeubileerde luukse suite, etes, hul wasgoed word gedoen, verpleegsorg, asook ‘n paniekknoppie. Die kompleks bied vyftig enkelkamers in ‘n sekuriteitskompleks.

“Jy huur nie net ‘n kamer nie - jy kry versorging, veiligheid, waardigheid en gemoedsrus,” het hy gesê.

Klerksdorp Rekord het tydens die opedag met die verpleegkundiges gepraat en hulle het BCur by die NWU studeer, en het ook in hospitale gewerk. Hulle sien daarna uit om na mense in hul silwerjare om te sien. Gaan na www.harmonyhill.co.za of stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. om meer uit te vind oor die pakkette.