Skrywers Stefaans Coetzee en Sandy Schoeman gesels Dinsdagaand 18 Maart met Potchefstromers oor hul boeke. Stefaans met sy boek Onbeskryflike Genade en Sandy met haar jongste pennevrug, Chakalaka uit ‘n blikkie, het met mekaar gesels oor oorvleuelde temas in hul boeke. Die verantwoordelikheid van ouerskap en veral die verlies aan ‘n ouer en die invloed daarvan in jou grootmensjare is ondermeer bespreek. Albei woon in Klerksdorp.
Oor skrywers en boeke
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode