Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerkdorp Rekord, Rustenburg - Dr Thelma de Kock is verlede week oorlede nadat sy drie weke gelede verstik het. Sy was ‘n geliefde dokter in Klerksdorp vir baie jare voor sy na Rustenburg verhuis het. 

Volgens haar man, Des du Plessis, was haar dood onverwags, want sy was blakend gesond. Sy het op 72-jarige ouderdom nog steeds praktiseer. Sy is op Vrydag 14 Maart in Rustenburg oorlede nadat sy drie weke in die hoësorgeenheid was nadat sy verstik het.

“Haar slukderm het geskeur en dit het komplikasies veroorsaak,” het ‘n treurende Des aan Klerksdorp Rekord vertel.

 

 

 

Die egpaar het ‘n paar jaar gelede na Rustenburg verhuis, omdat haar praktyk in Klerksdorp net te groot geword het en hulle wou naby hul familie wees. Klerksdorpers het met skok reageer toe die nuus van haar dood bekend raak. Sy was 38 jaar lank ‘n dokter in Klerksdorp.

Volgens Des het sy ‘n praktyk in Rustenburg geopen en was sy daar ook baie geliefd. Sy het gewerk tot die aand toe sy siek geword het. Hulle was 47 jaar getroud. Hy beskryf haar as die liefde van sy lewe. Hulle het twee kinders en drie kleinkinders.

Die Agapé Gemeente beskryf haar op hul Facebookblad as ‘n vrou wat diep spore in soveel lewens getrap het met haar sagtheid, liefde en passie vir mense. “Sy was ‘n merkwaardige vrou, ma, suster, dokter en volgeling van Jesus,” skryf hulle.

Haar begrafnisdiens vind om 11:00 op Donderdag 20 Maart in die Agapé Gemeente in Rustenburg plaas. Dit sal regstreeks gebeeldsend word op die kerk se webwerf.