Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Klerksdorp Tuiste vir Bejaardes doen ‘n beroep op plaaslike besighede en die gemeenskap vir hulp aangesien die tehuis midde-in ‘n finansiële krisis is.

Die ouetehuis is nie alleen nie, want al die nie-winsgewende organisasies in NW bevind hulle in dieselfde penarie, want geen subsidie is sedert 1 April vanaf die regering ontvang nie. 

 

Dit sluit Triest, Daphne Lee, Evanna Tehuis en ander in. Volgens Pieter Oosthuizen, waarnemende bestuurder en finansiële beampte, is die 
ouetehuis in erge geldnood en is sluiting einde November ‘n sterk moontlikheid.

“Ons het die ooreenkoms met die Departement Sosiale Ontwikkeling op Vrydag 11 Oktober onderteken en ons behoort binnekort geld te kry. Die belofte is daar, maar ons weet nie hoe lank dit kan neem nie. Dit maak ons stres minder om te weet geld is op pad, maar ons moet dit kry of ons moet sluit,” sê hy bevrees. Volgens hom is “al die rekeninge en salarisse betaal en het hulle genoeg kos om te eet”.

Hy het op Dinsdag 15 Oktober met Klerksdorp Rekord gepraat en het gesê “sluiting beteken tagtig inwoners, 58 personeellede asook die inwoners van die Schoonspruit Aftree-oord word geraak. Waarheen gaan almal?”

Die Triestsentrum vir Intellektueel gestremdes is in dieselfde bootjie nadat hulle subsidie ook opgedroog het. Volgens Johan Gerber, direkteur, het hy nog nie so ‘n ooreenkoms met die regering geteken nie en was hy verras dat die ouetehuis dit kon doen. Hy beskryf dit as ‘n goeie teken. “Deur genade en skenkings kan ons nog oop bly, maar ons kan nie salarisse en diensterekeninge betaal nie. Ons het darem kos vir ons kliënte. Dit word geskenk,” sê hy.

Triest hou binnekort sy jaarlikse Kersmark en hulle spens is leeg. Dit is ‘n jaarlikse insamelingsgeleentheid wat goed ondersteun word. Hy doen ‘n beroep om hulp vir skenkings vir bestanddele. Enige skenkings van meel, bakpoeier, suiker, klapper en bakmargarien sal waardeer word. Dit kan voor 23 Oktober afgelewer word.

Die Tehuis vir Bejaardes het ‘n dringende behoefte na toiletware en skoonmaakmiddels, kruideniersware en nie-bederfbare voedselitems asook volwasse doeke.

Skakel Elna Francke of Pieter Oosthuizen by 018 464 1822 vir hulp by die ouetehuis. Gerber kan genader word by 082 631 0121.