Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Onderwyseres van HTS is terug by die skool nadat sy vir ses maande op ‘n navorsingsreis in Hong Kong was.

Antoinette Maritz het 13 jaar Wetenskap gegee en was hartseer om te groet. 

“Ek het navorsing in Hong Kong gaan doen vir die Queensland University of Technology in Australië. Die navorsing het gehandel oor die impak wat die atoombomme in Japan gedurende die Tweede Wêreldoorlog steeds op inwoners het. Van die inwoners het na Hong Kong emigreer.’’ 

 

 

Die navorsing het ondermeer bevind dat die radioaktiwiteit wat steeds teenwoordig is, Downsindroom in kinders veroorsaak. 

Antoinette was gedurende haar verblyf daar ook betrokke wanneer bomme onskadelik gestel word. “Bomme uit die oorlog word steeds gevind. Dit is uiters fassinerend,’’ vertel sy. Sy pas van haar navorsing oor magnetiese velde in Wetenskap toe.

Antoinette het met haar terugkeer na Suid-Afrika besef die onderwys is steeds vir haar en het weer aansoek gedoen vir ‘n pos by HTS. Sy was suksesvol en het in Januarie weer by HTS aangesluit, waar sy nou Engels aanbied. 

Goeie nuus is dat Antoinette graag haar kennis met Klerksdorpers wil deel en ‘n praatjie hieroor is in die pyplyn. 

Hou Klerksdorp Rekord dop vir meer info.