Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Dansers van Klerksdorp het die afgelope naweek aan die nasionale danssport kampioenskap in Randburg deelgeneem. Tien dansers verbonde aan Roots Dance Studio is gekies vir die Proteaspan wat volgende jaar in Engeland gaan deelneem.

Daar is verskillende afdelings waarin die atlete deelgeneem het. ‘n Belowende jong danser, Zaid Bekker is een van die top 8 o/15-dansers wat vir die All Star Team SA gekies is vir sy solo. Nog dansers wat in verskillende ouderdomsgroepe en danse deelgeneem het en in die All Star Team SA ingesluit is, is Bianca Kotze, Ruzanne Oosthuizen, Tarien Duminy, Shaelyn Coward, Amoné Harmse, Elhandri Potgieter, Mické Seider, Janke Prinsloo en Cherezé Bekker.

Dit was ‘n jammerte vir die Trio o/11-dansers wat eerste plek gekry het, maar ‘n plek in die nasionale span gemis het weens hul ouderdom. Slegs dansers o/13 en ouer het vir die span in aanmerking gekom. Die groepie is Mikayla Nel, Lené Griesel en Gabby Nichols.

Dansafrigter en eienaar van Roots Dance Studio, Mona Beukes, sê dit is baie ure se harde werk en sweet wat in die dansoefening ingegaan het. Sy het verlede week provinsiale kleure aan haar dansers oorhandig voordat hulle aan die nasionale kompetisie deelgeneem het.

“Die deelname is die enigste een wat die platform aan dansers bied om in die SA Protea-span opgeneem te word. In die dansindustrie is daar nogal verwarring oor Federasie erekleure vir ‘n provinsie teen provinsiale kleure vir ‘n provinsie. “Provinsiale kleure word bepaal op grond van die aantal punte wat ‘n leerling opbou tydens die kleiner deelnames en dan word die top kandidate gekies om die provinsie by die nasionale kampioenskappe te verteenwoordig.’’

Die kompetisie is deel van die Dans Sport skoleliga wat onderskryf word deur DanceSport SA, die wêreld se DanceSport Federasie en SASCOC. Dit erken dans as ‘n erkende skolesport en buitemuurse aktiwiteit.