Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Klerksdorper is een van die finaliste vir Netwerk24 se eerste Smaakmaker-toekennings.

Stefaans Coetzee het min bekendstelling nodig in Klerksdorp. Hy dra verskeie hoede - gemeenskapswerker, skrywer, gesinsman, radio-omroeper, prediker en motiveerder. Sy groot liefde is egter boeke en daarom het NB Uitgewers hom uitgesonder as een van hul Smaakmakers. Wat is ‘n Smaakmaker? Dit is ‘n loslit-woord wat deur Netwerk24 se lesers uitgedink is vir die Engelse “influencer’’.

Van Stefaans se boek-resensies verskyn gereeld in nasionale koerante en hy bied ook ‘n radioprogram op die gemeenskapsradiostasie, Life FM aan saam met Klerksdorp Rekord se redakteur, wat handel oor skrywers en boeke. Die program word Vrydae om 11:00 uitgesaai. 

Die Smaakmaker-nominasie is natuurlik vir Stefaans ‘n groot eer en hy sê al wat hom motiveer is om mense aan die lees te kry. “Boeke is ‘n heerlike ontvlugting van die alledaagse, en ons Afrikaanse lesers het geen tekort aan uitstekende boeke nie.’’

Klerksdorpers wat vir Stefaans wil stem, moet op Netwerk24 ingeteken wees. 

As jy nie ingeteken is nie, kan jy registreer om die gratis sewe dae proeftydperk te gebruik. Die wenner word op 29 Februarie tydens ‘n gala-aand aangekondig.