Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die stalletjiemark by Pick n Pay hipermark op Saterdag 1 Maart behoort ‘n belewenis te wees.

Dis weer tyd vir die jaarlikse bakkietrekkompetisie. Johan Els wat in 2016 en 2018 die sterkste man in Afrika was en in 2018 die sesde sterkste man in die wêreld, sal die kompetisie aanbied. Hy sal ook om 12:00 ‘n kragmanvertoning lewer. 

 

 

 

 

 

Registrasie vir die kompetisie begin om 09:00 en die kompetisie sal 10:00 begin. Die inskrywingsgeld is R50.

Venter Gim in Klerksdorp se liggaamsbouers sal ook ‘n vertoning aanbied met die hoogtepunt  die optrede van die 75 jarige Hannes Venter wat drie keer ‘n wêreldkampioen was.

Oud Springbok-rugbyspeler Rudie Visagie sal ook die mark besoek. 

Meer as 50 uitstallers het teen druktyd hul staanplek bespreek vir die mark. Die Klerksdorpse gemeenskap word baie spesiaal genooi om die mark saam te geniet en die uitstallers te ondersteun. 

Tinus van Staden, die organiseerder, het meer inligting by 083 294 8077.