Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Wes-Transvaal Ou Motorklub het weer Valentynsdag behoorlik gevier met hul jaarlikse pretrit wat gewoonlik rondom die dag van die liefde plaasvind.
Blinkgepoetste motors is met ‘n warm koppie koffie by ‘n plaaslike motorhandelaar ontvang. Daar was motors vir alle smake van stokoud tot meer modern. Instruksies asook die roete wat hulle moet volg vir die skattejag is hier bespreek. Die roete het vanaf Klerksdorp deur Stilfontein tot by die klubhuis gestrek. Die raaisels en verlore strate het vir baie opwinding gesorg en agterna het almal saamgebraai en gelag oor die dag se avontuur.
Hulle het ook pryse uitgedeel. Basie van der Merwe is aangewys as die braafste bestuurder van die dag aangesien hy twee dames in sy motor vervoer het. Dalien Prins het die prys vir besgeklede persoon gekry.
Ou motors vertrek saam op pretrit
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode