Klerksdorp Rekord, Potchefstroom - Die NWU is stampvol en geen instapstudente sal tydens registrasie van eerstejaarstudente vir 2025 toegelaat word nie.
Persone wat nie ‘n aansoek om studie gedurende die aansoektydperk ingedien het nie, wat nie ‘n aanbod om aan die NWU te studeer ontvang het nie of wat aansoek gedoen het om toelating na die sluiting van die aansoektydperk gedoen het nie, mag nie net opdaaag nie.
Die NWU het volle kapasiteit vir sy 2025-inname bereik, met geen ekstra plekke beskikbaar nie. Meer as 390 000 aansoeke is ontvang, waarvan meer as 276 000 hul finale aansoeke ingedien het. Hiervan kan slegs 11 754 geakkommodeer word. “Die NWU is trots op elke graad 12-leerling wat hul skoolloopbaan suksesvol voltooi het en wil hulle by voorbaat sterkte toewens terwyl hulle hul verskillende pogings aanpak. Ongelukkig is ons net nie in staat om enige instappers te akkommodeer wat nie verlede jaar tydens die aansoekproses gekwalifiseer het nie,” sê adjunkregistrateur prof Michael Temane.
Hy sê instappers verwys meestal na nie-aanvaarde studente wat nog wil studeer, maar nie aan die kriteria voldoen nie of nie om toelating aansoek gedoen het nie. Dit is verder belangrik om te noem dat eerstejaar-aansoekers wat ‘n voorwaardelike aanbod ten opsigte van inskrywing in 2025 by die NWU ontvang het, kort na die bekendmaking van die NSS-uitslae vroeg hierdie week van die status van hul aansoek ingelig sal word. Alle voornemende studente wat onseker is of hulle toegelaat is om aan die NWU te studeer, moet die universiteit se tolvrynommer (0860 169 698) vanaf 20 Januarie kontak, wanneer aanlynregistrasie vir eerstejaarstudente sal begin.
Prof Temane herinner onsuksesvolle aansoekers daaraan dat nog ‘n geleentheid vir aansoek vir verdere studies bestaan, aangesien hulle aanlyn kan registreer op die Central Applications Clearing House (CACH) webwerf vir oorweging by verskeie universiteite, afhangende van die beskikbaarheid van spasies.
Die nasionale CACH-aantekendiens het ten doel om onsuksesvolle aansoekers toegang tot loopbaanontwikkelingsdienste te bied en, waar moontlik, ‘n geleentheid om toegang te verkry tot spasies wat nog beskikbaar is by ander hoëronderwysinstellings.
Hul inbelsentrum kan by 0860 690 722 bereik word. Die CACH-fasiliteit stuur voornemende studente se inligting aan alle tersiêre-onderwysinstellings. Hierdie instansies kan hulle kontak waar plekke bestaan en indien studente aan die vereistes voldoen.