Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Verdant, die rustige kwekery en tuinrestaurant in Ianstraat, is die ideale kuierplek om eintlik te sit en dagdroom onder die koeltebome.
Die kuierplek is weer die venue vir die Klerksdorp Boekefees en die geriewe is ideaal om na sprekers te luister, die uithalergeregte op die spyskaart te smul, ‘n mengeldrankie te geniet of sommer net ‘n kombers te bring en onder ‘n boom te kom lê.
Verdant beteken nie verniet die helder kleur van lowergroen grasperke nie. Voeg daarby saam die kosvernuf van eienaar Heidi van Kruiselbergen wat boonop ‘n bobaas mengeldrankie kan meng, en jy het die resep vir ‘n luilekker dag in die geselskap van skrywers en boeke.
Benewens die restaurant, is daar ‘n paar kosstalletjies en kroegstasies op die terrein wat seker sal maak niemand ly honger of dors nie.
Moet nie vanjaar se Klerksdorp Boekefees mis nie - toegang is gratis.
Verdant dié plek om te wees
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode