Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Skrywers en lesers het die afgelope naweek kopstukke gesels by die Klerksdorp Boekefees.

Dit is nie aldag dat Marita van der Vyver ‘n besoek in Klerksdorp aflê nie. Deesdae is haar huis in Frankryk, maar sy maak tyd om ten minste drie maande ‘n jaar in Suid-Afrika te kom kuier. Hierdie jaar het die kuier met die bekendstelling van haar boek Laaste Kans saamgeval en het sy regoor die land gereis om haar lesers te ontmoet.

Nog skrywers soos Dana Snyman, Madelein Rust, Julio Agrella, Stefaans Coetzee, en Susan Cilliers het saamgekuier en lesers het veral die geleentheid geniet om Vrydagaand 3 November na Dana te kom luister by die afskopbraai. Dit was gesellig met braaivleisvure wat geknetter het terwyl die resensent Francois Bekker vir Dana gepols het oor sy nuwe boek en sy reise deur die land. 

Hy het natuurlik ook oor die Springbokke se oorwinning in die wêreldbeker gepraat en kliphard gewonder hoe inwoners van Orania van Siya Kolisi sou praat. “Mag hulle ooit sê as hulle van hom hou of gaan hul bure hul snaaks aankyk,’’ het hy onder ‘n gelag gesê. 

Gaste het kans gehad om Dana te ontmoet en van hulle het ook die kans benut dat hy van hul boeke teken.

Die gesprek met Madelein Rust op Saterdagoggend 4 November oor haar reis na innerlike vrede nadat sy met terminale kanker gediagnoseer is, was opgeruimd al het dit oor ‘n aaklige onderwerp gegaan. 

Sy was ook later saam met nog ‘n spanningsverhaalskrywer, Julio Agrella aan die woord oor die gewildheid van Afrikaanse misdaadfiksie.

‘n Boek wat heelwat emosie ontlok het, was Diensplig - hoekom stotter ons pa’s so? Die ge-sprek waaraan die gehoor aktief deelgeneem het, het uiteenlopende menings gehad oor die waarde van diensplig en die grensoorlog waarin jong seuns moes gaan veg het.

Met uiteenlopende boekge-sprekke deur die dag, was daar genoeg kans om die kosmark te besoek wat teen middagete in volle swang was. 

Die boeke was al lankal opgepak en die skrywers huistoe, toe kuier Klerksdorpers nog steeds in die liggietuin van Verdant met lekker musiek in die agtergrond en heerlike kos.