Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Deur Danie Jacobs

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die opening van ARTi Gallery se kunsuitstalling met asemrowende kunswerke van sy AGAC 2024-finaliste het verlede naweek plaasgevind.

Die opening het op Saterdag 18 Januarie plaasgevind en die kunswerke is steeds te sien.

 

Vanjaar se tema, “Reënboogrenaissance: Van Barok tot Braai”, is in die kunswerke vasgevang. Die wenners is einde verlede jaar aangekondig en hierdie uitstalling word gehou om hul werke te vereer.

Die beoordelaars was Portchie (welbekende kunstenaar), Marco Kuhn (AGAC 2023-wenner, professionele kunstenaar en kunsonderwyser), Daniel Tladi (bekroonde professionele kunstenaar) en Robert Thirtle (gallery-eienaar, kurator en professionele kunstenaar).

Brandewyn Brille deur Sebastiaan Theart is die wenwerk. Die kunstenaar was nie teenwoordig by die uitstalling nie, maar die indrukwekkende skildery, gesien deur gekleurde glas, van Rembrandt en die kunstenaar is wel!

Die pêrel van Limpopo is derde geplaas en die kunstenaar, Marguerite Small, het die opening bygewoon. Sy het ‘n leerbesigheid en een van haar werknemers genaamd California het vir haar geposeer. Die pêrel van Limpopo bevat ongelooflike detail. 

Mia Coetzer en Lonwado Jantjies se kuns in die junior afdeling is te sien. Albei jong kunstenaars was by die opening.

Dewald Fourie se werk getiteld The potjiekos lesson by Jan Baardman is ‘n skildery van sy kollegas wat potjiekos by sy werk maak. Hy het die idee vir die werk gekry toe almal teenwoordig was.