Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Plaaslike model, Marco Steenkamp (27) het Desember stof in die oë geskop van ander hoopvolles om die titel van Mr South of the Equator 2024/25 in te palm.
Die kompetisie is in Durban gehou. Marco het ook die beste nasionale kostuum gedra. Hy het gesê dit is vir hom ‘n groot eer om die titel te wen.
“Die kompetisie was baie sterk en ek het dit glad nie verwag nie. Ek is baie dankbaar aan my familie en vriende wat my ondersteun het.’’
Sy nasionale kostuum het die blou kraanvoël uitgebeeld. Sy boodskap aan jong mense is om altyd hul drome na te streef.
“Dit maak nie saak wat jou agtergrond is nie. Gryp elke geleentheid aan en doen die beste volgens jou vermoë.’’