Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - AVBOB se tak in Wilkoppies het heropen nadat die gebou se opknappings afgehandel is.
Die huidige hoofbestuurder van AVBOB en nuwe hoofbestuurder was albei teenwoordig. Theo Donges tree eersdaags af en Vusi Khathi sal die leisels nasionaal oorneem. Albei het glasies gelig op die toekoms van AVBOB in Klerksdorp.
Die blinknuwe tak in Buffelsdoornweg is reeds sowat ‘n jaar oop, maar die heropening is op 23 Januarie gevier. Die glansryke opening is in die tuin gehou met vriende, familie en eregaste en glasies vonkelwyn is geklink op die ondernemer se toekoms.
Die nuwe tak sal ook binnekort ‘n kapeldiens aanbied.
Werner Grove, bestuurder: begrafnisafdeling, en Natasha De Abreu, distriksbestuurder: versekering, is aan die stuur van die nuwe tak.