Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - AfriForum se Songloed-buurtwag is dalk meer bekend vir die gereelde patrollies wat onderneem word.
Vrywilligers betrokke by hierdie buurtwag het op Vrydag 8 Desember ingespring om veiligheid op ’n heel ander manier te takel. Die buurtwag het in samewerking met verskeie gemeenskapslede en die privaat sekuriteitsmaatskappy Action Force ingespring om die vervalle park in Kernick Place skoon te maak en sodoende veiligheid hier te bevorder.

Read more …Buurtwag spring in en maak skoon

Photography students that studied part-time at the North West School of Design ended their year with an exhibition at the school attended by friends and family. Lecturer Salomé Kotzé presented their certificates for successful completion of the course. The next course starts in March 2024.

 

 

 

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Moenie toelaat dat maagkrampe of ‘n omgekrapte maag jou feesvieringe kortknip nie.

Ryk kosse en verversings vol suiker word dikwels tydens die feestyd geniet.  Hierdie kosse is sowaar smullekker en jy kom dalk nie eers agter hoeveel jy eet nie maar kort voor lank sit jy met gebakte pere. Ongemak en pyn weens spysverteringprobleme kan ‘n demper op jou tyd saam met geliefdes sit. 

Die beste manier om buikprobleme gedurende die feesseisoen te ontduik, is om op die verdediging te wees. “Hoe doen ek dit?” wonder jy dalk. Die antwoord: Deur goed na jou dermflora om te sien. 

Read more …Sorg vir jou ingewande hierdie feestyd

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Die inwoners van Hartbeesfontein en Tigane se krane is droog.

Hulle kan nie wasgoed was nie, bad nie en het nie drinkwater nie. Dié probleem het sowat twee maande gelede ontstaan en die inwoners is nou al woedend en vra dringende ingryping.

Die dorp het glo water gehad toe Klerksdorp Rekord op Woensdag 29 November met sakelui gepraat het, maar dit is buitengewoon. 

Read more …Dorp vir weke sonder water

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Tesame met ‘n hittegolf oor die grootste deel van die land wat Suid-Afrikaners laat sweet, is die onvoorspelbaarheid van beurtkrag nog iets wat inwoners warm onder die kraag het.

Toe Fase 6-beurtkrag oor die naweek aangekondig is, was dit kort na eenheid 1 van die Koeberg-kragsentrale met die netwerk gesinchroniseer is. Dit is toe as ʼn deurbraak bestempel.

Oor die naweek het daar egter eenhede by ander kragsentrales buite orde geraak, terwyl dit nodig was om “noodreserwes” aan te vul. “Al wat dit beteken, is dat Eskom se dieselkragsentrales eenvoudig nie genoeg brandstof kon opberg om aan die gang te bly nie. Hierdie oopsiklus gasturbines is veronderstel om net tydens noodgevalle aangeskakel te word. Nou is dit ʼn noodgeval as dit nie aangeskakel kan word nie,’’ sê dr Wynand Boshoff, VF Plus LP en hoofwoordvoerder van minerale hulpbronne en energie in die party.

 

 

Read more …Beurtkrag baie onvoorspelbaar

More Articles …