Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Meer as ‘n honderd vuurwapens is nou in die hande van kriminele.

Die eienaar van Progun, ‘n plaaslike wapenwinkel het op 31 Desember by sy winkel in Irenepark opgedaag net na die alarm omstreeks 09:30 afgegaan het. Dit was ‘n Sondag en die winkel was gesluit.

 

Louis van Wyk was geskok toe hy sien dat inbrekers ‘n gat deur die muur tot in sy winkel se kluis gekap het. “Daar is 104 wapens gesteel. Dit is van die winkel se wapens, wapens wat verkoop is en ander wat vir kliënte gestoor is. Volgens die polisie is 53 gesteel. Ek weet nie waar hulle aan die getal kom nie. Volgens die polisie het dit op Nuwejaarsdag gebeur. Dit is ook heeltemal verkeerd,” het hy gesê.

Hy het aan Klerksdorp Rekord vertel dat die winkel steeds sake doen en nog heelwat wapens in voorraad het. Daar is nog geen spoor van die gesteelde vuurwapens nie.

Klerksdorp Rekord het verneem dat polisielede op 3 Januarie leidrade by die Schoonspruit agter City on a Hill opgevolg het, maar niks kon kry nie. Die groot aantal polisievoertuie in Leemhuisstraat tydens die ondersoek het Klerksdorpers laat kop krap. 

Volgens Lt-kol Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die Valke, word ‘n sakeroof ondersoek en is niemand nog in hegtenis geneem nie. 

Hy vra dat enigeen met inligting of wat iets verdag gesien het, dit by 08600 10 111 moet aanmeld.  Persone kan naamloos bly.