Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Motoriste langs die N12 naby Lathamstraat het al gewoond geraak aan die tenger, sonverbrande vrou wat daar bedel om haar dwelmverslawing te voed.

Chantell Venter, aan sommige bekend as Vaselinetjie, is al ‘n paar jaar haweloos nadat die sogenaamde ‘dwelmhuis’ in Cuckoostraat afgebreek is. Besorgde Klerksdorpers wat hulle oor haar ontferm, sal verlig wees om te hoor dat sy uiteindelik ingestem het om in ‘n rehabilitasiesentrum opgeneem te word.

 

 

 

 

Die Kingdom Recovery Group wat bestaan uit gerehabiliteerde dwelmslawe wat hulle daarop toespits om ander te help om hul verslawing te oorwin, het 16 individue vir rehabilitasie aanbeveel. Klerksdorp Rekord het betroubaar verneem dat Chantell ingestem het tot die program en by ‘n rehabilitasiesentrum in Ennerdale is waar sy haar reis na ‘n skoon lewe begin het. 

“Dit gaan goed met haar en sy vorder goed,’’ het die oupa van haar kinders gesê. Sy stiefseun, Lester Armstrong is in ‘n verhouding met Chantell en is ook in die rehabilitasiesentrum. Die kinders, 8 en 3 jaar oud, woon by die oupa en ouma en is gesond en gelukkig.

Analeen van Staden, direkteur van Sanpark Rehabilitasiesentrum in Klerksdorp, was verheug om te hoor Chantell is in ‘n rehab-sentrum. “Dit is goeie nuus. Mense is gewoonlik baie onsimpatiek teenoor dwelmgebruikers en dink hulle kan net ophou, maar dit is nie so maklik nie. Sy het al die ondersteuning nodig wat sy kan kry. Ons beste wense vir haar.’’

Volgens die Kingdom Recovery Group was Chantell se bedelary by die verkeersligte vir baie ‘n herinnering aan die lelike gesig van verslawing. “Terwyl sy nou op hierdie reis is om dit te oorwin, wil ons vra of daar mense is wat ‘n bydrae kan lewer ten opsigte van haar rehabilitasie. Elke donasie sal aangewend word vir haar behoeftes.’’

Bydraes kan in die volgende bankrekening betaal word: Capitec, rekno 2274877498, takkode 7600.