Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Record, Klerksdorp - Die aanstelling van 29 personeellede in die kantore van die burgemeester, speaker en die hoofsweep in die Matlosana Munisipaliteit het die Vryheidsfront Plus warm onder die kraag.

Die party is gekant teen die beoogde aanstellings wat vier persoonlike lyfwagte vir die burgemeester James Tsolela insluit. Die speaker van die raad, Stella Mondlane, het raadslede verlede week hieroor ingelig. 

Die Vryheidsfront Plus meen daar is nie ‘n regverdiging vir die skepping van die poste nie en sê dit is politieke aanstellings en kom neer op kaderontplooiing. Die party het daarop aangedring dat die vakante direkteursposte in die munisipaliteit eerder voorrang geniet. “Dit is ʼn skande dat dienslewering vir hierdie ANC-geleide munisipaliteit skynbaar geen prioriteit is nie. Hierdie stand van sake belig ook weereens die feit dat die ANC nie skroom om munisipale fondse in hierdie reeds bankrot munisipaliteit, te misbruik vir blatante kaderontplooiing om die party se belange te dien nie,’’ het rdl Joshua Griffin gesê.

Burgemeester Tsolela het aan Klerksdorp Rekord gesê hy verstaan nie die VF Plus se besware nie. “Volgens die munisipaliteit se organogram is daar voorsiening vir vyf lyfwagte waarop ek as burgemeester kan aanspraak nie. Ek het gekies om net vier te hê sodat hulle skofte kan werk. Hul kontrakte is met twee jaar verleng nadat hulle klaar ‘n jaar gewerk het. Ek verstaan nie die bohaai nie.’’

Ook Nick Maphelle, woordvoerder in die burgemeester se kantoor, het gesê daar word in die begroting voorsiening gemaak vir die personeel in die genoemde kantore. “Die werwing van personeel word gedien volgens raadsbeleid en om enigsins ander bewerings te maak, kom neer op kwaadwilligheid.’’

Hy het bygevoeg dat die vakante poste op direkteursvlak aandag geniet en dat die werwingsproses binne die voorgeskrewe tyd afgehandel sal word.