Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die naweek word twee boeke in Klerksdorp bekendgestel.

Stefaans Coetzee, die brein agter die kortverhaalbundel, Sewe Keer Sondig, en Cliffordene Norton, jeugboekskrywer, gaan gesels oor hul boeke by Booqshelv.

Dit is die tweedehandse boekwinkel se eerste boekbekendstelling en dit begin om 14:00 op Saterdag 11 Mei. Die winkel is geleë in Rockwill Square op die hoek van Austin- en Williamsstraat.

 

 

 

In die nuwe kortverhaalbundel op almal se lippe, het 44 skrywers verhale met die fokus op een van die sewe doodsondes aangepak. Die skrywers - waaronder gesoute woordsmede soos Dibi Breytenbach, Francois Bloemhof, Madelein Rust, Elsa Winkler, Jan Vermeulen, Annerle Barnard, Erla Diedericks, Christelle Wessels en Hannes Barnard - het twee-twee aan ‘n verhaal geskryf met die gevolg dat die bundel uit 24 juwele bestaan.

Met titels soos Terug na die walle van die Molopo, Ter wille van die lus, Die opstanding van Duifie, Jy skuld my en Kry vir jou, is Sewe keer Sondig ‘n bundel wat lesers gaan verlei om bladsy na bladsy te bly lees. Gelukkig is ‘lees’ mos darem nie op die lysie van onvergeefbare sondes nie! 

Cliffordene se tweede boek, Ek sal vir jou veg, is ook pas vrygestel en is gemik op die jeugmark. Sy is ‘n bedrewe kortverhaalskrywer en woon in Potchefstroom. Die nuwe boek handel oor ‘n jong meisie se ervaring met gevegkuns en haar deelname aan onwettige gevegte om kos op die tafel te sit.

Klerksdorp Rekord se redakteur, Salomé Kotzé gaan met die twee skrywers gesels. Bywoning is gratis. Beide skrywers se boeke sal ook te koop wees by die geleentheid.