Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die Matlosana Munisipaliteit het besluit om nie gebruik te maak van die tesourie se finansiële hulp- en ondersteuningspakket om elektrisiteits-slimmeters te installeer nie.

Rdl Annica Holtzhausen het gesê hulle was verstom toe die ANC-meerderheid in die raad besluit het om nie die aansoek vir bystand by die tesourie in te dien nie. “Die ANC in die raad het aangevoer dat ʼn diensverskaffer reeds in Oktober 2023 aangestel is om ʼn slimmeterstelsel in die munisipale gebied te installeer. 

 

 

 

“Dit is verstommend dat die ANC ʼn finansiële hulp- en ondersteuningspakket ter waarde van miljoene rand van die hand wys, terwyl Matlosana se skuldlas hand oor hand toeneem weens onder meer die swak invordering van kragskuld aan die munisipaliteit.’’

Die tesourie het die munisipaliteit reeds in Maart uitgenooi om formeel aansoek te doen vir deelname aan die munisipale skuldverligtingsprogram, wat die installering van gesubsidieerde elektrisiteit-slimmeters insluit. So ʼn stelsel sal die invordering van kragtariewe van verbruikers dramaties verbeter.

Die uitnodiging het ʼn omvattende konsep-aansoek en projekplan vir Matlosana ingesluit om die munisipaliteit se taak te vergemaklik. Die sperdatum vir aansoeke was 30 April.

Die ANC-meerderheid in die munisipale raad het tydens verlede Dinsdag se raadsitting besluit om nie die aansoek vir bystand in te dien nie.

Matlosana se uitstaande skuld aan Eskom beloop meer as R1,6 miljard.