Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Inwoner van ‘n huis in Doringkruin het verlede week ‘n dief voor sy erf doodgeskiet wat besig was om sy jetski te steel.
Die voorval het na middernag gebeur in die vroeë oggendure van Donderdag 31 Julie. Klerksdorp Rekord het verneem dat die huiseienaar losgebrand het op mense wat besig was om sy jetski op sy sleepwa aan hul bakkie te hak.
Een van die diewe is raakgeskiet en het hom op die sypaadjie doodgebloei. Hy is waarskynlik in ‘n slagaar getref. Sy makkers het weggejaag. Brig Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie die voorval ondersoek. Die slagoffer is in sy veertigs.
Sy identiteit is nie bekend gemaak nie. Die jetski en sleepwa is buite die erf gevind.
Klerksdorp Rekord is bewus van ‘n reeks voorvalle waar jetski’s en vierwielmotorfietse geteiken word deur diewe. Diefstalle is onlangs aangemeld in Stilfontein, Meiringspark en Doringkruin.
Dief doodgeskiet terwyl hy steel
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode