Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

8 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Nuwe datum vir die moordsaak teen Quinn van der Bergh is nog nie bekend nie, maar sy regspan is in gesprek met die Nasionale Vervolgingsgesag oor wanneer hy weer in die hof moet verskyn.

Aldus André van Aswegen, wat namens Van der Bergh optree, sal sy kliënt “nie van die probleem wegloop nie’’ en is hulle besig om dit uit te sorteer. Hy het verder bevestig dat sy kliënt wel weer vir terapie was.

Van der Bergh word van die moord in Oktober 2022 op Barbara Groenewald aangekla. Die saak is op 6 Mei teruggetrek en die saak is van die hofrol verwyder nadat die staat die saak verskeie kere uitgestel het. 

Van der Bergh was sedert 2022 in aanhouding nadat hy nie borgtog gekry het nie.

Stella Groenewald was geskok om die nuus te hoor dat haar vermoorde dogter se ekskêrel uit die tronk is. Hulle het intussen vir Mike Bolhuis aangestel om vas te stel wat gebeur het. 

Vrae oor die saak wat nasionale opslae gemaak het, is intussen ook deur die DA in die parlement aan die minister van Justisie gestel. 

“Al wat ons kan doen is wag dat die NVG ‘n nuwe datum bepaal. Volgehoue druk word van alle kante toegepas,” het Morney Vos, die privaatondersoeker gesê.